Titel: Liefdeslewe
Weergawe: 1
Aantal woorde: 127
Kere gelees: 123
Datum gepubliseer: 27 Jul 2011
Ragfyn spore van verlore gisters
grimeer onskulds skildery
'n glimlag wat wêrelde versit
wat van vergete drome getuig
Oë gevul met 'n leeftyds verwyt
'n melkweg se skoonheid
wat sprankel en giggel
wanneer mens hul met vreugde verlig
'n Hart so onbaatsugtig
wat gee sonder einde
eindelose liefdes horison
wat my siel nader wink
'n skugter onskuld mens
wat slegs bemin wil word
reeds wêreld belowe
maar deur ontnugtering gegesel
So vanwaar my liefde
'n geloofs oortuiging
deur Sy wysheid bestuur
'n genade gawe geskenk
Elke oomblik saam
'n harts triomf
elke sekonde
'n ewigheid van siele voeding
In jou arms kan ek sterf
en in jou siel n ewigheid vertoef
in jou hart wil ek borrel en bruis
sonder jou wil en nooit verhuis
Lees ander gedigte deur AetosDiosEsias
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


Uit 'n skatkis
Hemel
Dit is GOED!