Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Waar ek nou is, loop remme wat nie meer werk nie,
en donderweer wat rou op gister se wolke,
'n ritme wat wonde uitmekaar uit ruk
en my bande nog vinniger oor die pad laat rol
tot dit uiteindelik skrouend tot stilstand kom.
Ons is die wandel wat in T-aansluiting eindig,
en vraagtekens oor more roep.
Albei was gister reeds hier verby-
steeds skryf ons mekaar volhoop in drome op.
Ek probeer die waarskuwing uit die pad ontruim
my gebreekte ruit opge-gaffer in blink witlig
vir jou.
Vir jou skryf ek 'n liefdesgedig sonder wegraak
op die tik van my vingers deur die reen
wat moes kom,
hoor ek jou melodiee in my agterkop
terwyl die pad al nouer raak,
en die mis als tussenin onsigbaar maak.
Vir jou
sing my hart haarself in deuntjies
in uitgehongerde ballade, 'n ritme in die verbygang,
wat hierdie dag soekend tot stilstand bring.
 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Liefdespad...
Ek is mal oor die gedig. Daar is soveel fyn simboliek en beelding. Ek moes die gedig \'n paar keer lees so mooi, beeldend en positief was die boodskap.
11 jaar 6 maande 2 weke 3 dae 18 ure oud



Gee my hoop - selfs toe daar geen hoop meer was nie

deur stefan s

Die boek se inhoud gaan hoofsaaklik oor die tema “hoop”. Hoop kan op verskillende maniere of geskep, versterk of vernietig word. Daar word gekyk na faktore wat ʼn direkte of selfs indirekte invloed uitoefen op die hoop wat daar in menseharte bestaan. Die boek is anders as ander deurdat daar aan die einde van elke hoofstuk ʼn gedig van hoop en bemoediging, deur stefan s, geskryf is wat by die tema van daardie hoofstuk aansluit. stefan s is ʼn predikant wat reeds 30 jaar in die bediening staan en in drie gemeentes gedien het. Ek is tans besig met twee afsonderlike kursusse in nood- en traumaberading. Ek is self deur diep waters wat as motivering gedien het vir die skryf van die boek met die spesifieke onderwerp “hoop”.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar