Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

om jou terug te hê
is soos om ‘n vars lente-reën
te ontvang van Bo.
ek wil hê jy moet
my koester en bewaar;
jy moet my net vashou,
al is dit net vir nou –
vir hierdie oomblik
wat ek by jou is.

ek wil dié oomblik
vashou; ‘n foto neem
in my gees en dit bewaar
op ‘n plek waar dit
veilig, weg is van
die bose wêreld
wat ons weg wil hou
van dit wat ons
altyd bymekaar bring.

ek wil in hierdie oomblik
my hart vir jou gee
in wit lakens toegevou;
net ‘n stukkie self
maagdelik met jou deel
my alles gee –
net vir jou op hierdie
waansinnige oomblik



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Stromateia: 'n Lappieskombers van Gedigte

deur Vesting

Op aandrang is die gedigte van Vesting wat op Woes gepubliseer is, in boekvorm uitgegee (A5, slapband, 28 pp). Navrae: 072 4078561



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar