kan ek vir jou wees ‘n lentewind
sagsoen fluister in nuwe beloftes met vlinderspoor
warm in jou nek asem in belofte
streelsag oor jou vroetel met vingerpunttreë bekoor
kan ek vir jou wees die somerwind
swanger vol begeerte skulp teen jou
seemelodieë neurie teen jou bors
jou borshare tergend om my vingers vou?
kan ek jou herfswind word
dragtig my liefde met jou deel
in stilword saamwees sonder hunkering
doekvoet stap in blaarbeloftes goudgeel
as ek nie kan - dan word ek jou winterwind
huilend kil grysdood nocturne wat weën
ylkoud trane vriesend op wangbeen
vervreem van jou liefde sonder seën in tranereën
©Ita
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig
Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
deur Rachelle du Bois
Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.