Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

1.

Baie kinders het al gestry
oor waar jy die beste Mamma kry,
maar glo julle maar vir my
ons Mamma steek almal vêr verby.

2.

So maklik kan ons daarvan vergeet
omdat ons van geboorte af weet:
hierdie Mamma sal aanhou sweet
sonder om dit ooit aan ander te meet.

3.

Die liefde waarmee sy iets vir ons doen
van wakker maak tot die bêre van ‘n skoen,
die inwurg van ‘n bietjie pampoen
en selfs die was met ‘n waatlemoen.

4.

Niks is vir haar ooit te veel.
Haar tyd sal sy altyd met ons deel.
Selfsugtig kan ons dit maar van haar steel,
nogtans sal sy net ons koppies streel.

5.

Hopeloos te min sal ons dankie sê,
alhoewel ons weet dis al wat sy wil hê.
Wanneer ons sien sy is regtig pê
laat ons haar darem toe om te gaan lê.

6.

Hiermee wil ons hê Mamma moet besef.
daar’s nie groter geluk wat ons kon tref.
Ons hou aan om ons dankgebede te hef
En vra GOD: seën asseblief ons sjef.

7.

As ons te ondankbaar voorkom,
beteken dit nie ons is te dom
om te besef dat daardie gegrom
net gaan oor die knie se krom.

8.

Terwyl ons nog almal saam leef,
moet ons almal mekaar se foute vergeef.
Maak nie saak wat een of ander laat beef,
Na geluk moet ons elke dag streef.

9.

Hoe sal ons ooit genoeg kan sê dankie?
Woorde op ‘n kaartjie of ‘n plankie
is net soos ‘n vars ertjie rankie
mooi, maar ‘n mens onthou dit nie lank nie.

10.

Ons wil hê Mamma moet onthou:
nêrens in die wereld is daar nog ‘n vrou
waarmee Pappa graag sou wou trou
of aan wie sy liefde so sal klou.

11.

Vergeef ons as ons nie genoeg wys
hoeveel keer ons ons Mamma prys.
Daar is hopeloos te veel om te lys,
GOD weet van elke pond vleis.

12.

Wees gewis dat ons elke minuut waardeer.
Ons maak nie Mamma opsetlik seer.
Môre sal ons harder probeer!
Ons oorvloed liefde sal niemand kan keer.

17 Aug 04



Spaar Geld op Versekering

Kommentaar

Mamma
Lieflike verse so uit die hart vir 'n spesiale mamma. Ek sien die gedig is drie jaar terug geskryf. Ek is seker elke lettertjie daarvan is nog opgeteken diep in haar hart!
6 jaar 11 maande 3 weke 5 dae 7 ure oud



Van ons Premium+ lede

Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar