Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Ek laat vanmôre by jou
ʼn stukkie van my hart
ʼn deel van my siel
wat nou nie meer net langs my
maar ʼn tree weg van my
die lewe tegemoet loop

Jy gaan nuwe lampe
voor haar voete aansteek
om die duister pad
van môre te help loop
Jy gaan grendels van vreemde
wêrelde help ontsluit waar
drome en fantasie soms verstrengel
met werklikheid en hoop
Jy gaan hoekstene oprig
op fondamente van geloof
en ʼn broos ontvanklike gemoed
met jou denke en dade voed

Vandag ʼn mylpaal in my kind se lewe
maar ék is meteens weerloos, benoud
(dis mý mondhoeke wat bewe...):
Juffrou, sy is nog maar net ses jaar oud!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Uitstekend! Is al wat ek vir myself te sê het. Ek wil op Rudi Coetzer se kommentaar sê "ditto", een van die mooistes wat ek ook gelees het.
8 jaar 4 maande 3 weke 5 dae 21 ure oud


Joe
Liewe Juffrou
Ai, en het ek nie Liewe juffroue gehad nie. Sonica jy toor met woorde net soos wat daardie Liewe Juffrouens ons kleintjies in oulike slim mensies omtower dat hulle ook eendag hulle plekkie kan volstaan as 'n volwaardige mensie! baie mooi geskryf!
8 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud


Liewe Juffrou
Dis so waar en dan gly die jare so vinnig verby en mens kan net nie glo dat hulle toe deur daardie eerste dag, eerstejaar gekom het nie. Tawwer as wat ons dink ne
8 jaar 4 maande 4 weke 23 ure oud


Liewe Juffrou
Applous!

Groete

Chenél
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 14 ure oud


"en ʼn broos ontvanklike gemoed
met jou denke en dade voed"

Skrikwekkend as mens dink dat jou brose kind in iemand anders se hande is.........
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 14 ure oud


Sonica, hierdie is so mooi, bêre dit in 'n raampie vir daai pragtige kleinding.
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


vreeslik baie mooi !
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 21 ure oud


'n stukkie van my hart
Sonica
dit is 'n pragtige gedig, op allerhande vlakke, nie net vir 'n kleinkind wat skooltoe gaan, dit het toepassing op enige leerskool, en betrekking op enigeen vir wie ons omgee.
jy hoort baie meer te skryf!
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud


Hierdie is n uitsonderlike gedig!Baie ouma's skryf ietsie vir n kleinkind/oor n kleinkind,maar hierdie is een van die heel heel moosites wat ek nog gelees het.

Love veral hierdie meesterstuk>:
Jy gaan nuwe lampe
voor haar voete aansteek
om die duister pad
van môre te help loop
Jy gaan grendels van vreemde
wêrelde help ontsluit waar
drome en fantasie soms verstrengel
met werklikheid en hoop
Jy gaan hoekstene oprig
op fondamente van geloof
en ʼn broos ontvanklike gemoed
met jou denke en dade voed


JY kan hierdie laat mooi skryf op mooi papier in sierskrif en dit raam en vir jou kleinkind gee.

BEAUTIFUL!
8 jaar 4 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar