Gedigte

Titel: Liewe lawwe lekkerte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tonteldosie, rooi, ruwwe rosie
Akkedissie, swart paddavissie
Lysandertjie, bloukopkoggelmandertjie
Hoenderkoppie, pimpel pers poppie
Kieterkatjie, bruin, donker gatjie
Grasgroen gietertjie, liplekker lietertjie
Giggel geel gousblommetjie, donderende drommetjie
Suikersoet soentjie, oranje pampoentjie
Silver fotoraampie, nienie noenoe naampie
Trapsuutjies, goue glans goedjies
Pienk pokkel varkies, kinderpret parkies
Wit wolmatjies, oneindige taal skatjies.



Kommentaar

somehow werk dit net.
cute.
1 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 19 ure 49 minute oud


I !Love! it...!
'n Lekker lees versie wat enige swaar`gemoed sal op vrolik ... !Excellent!
1 jaar 5 maande 2 weke 3 dae 22 ure 2 minute oud


Pragtig, kostelik geskryf, veertjie- lig en vol lekkerte! Well done!
1 jaar 5 maande 2 weke 4 dae 1 uur 35 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar