Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Jy,s nie net my girl nie , jy,s ook my pel ,
ek kan God se inkvisse leeg skryf
om Hom van jou te vertel ,
hoe jy my DNA oordryf .
( “ Sy groei onder my vel , God ,
en in my gestel
en saam groei op my vel .
Sy gee my hittegloede ,
en laat my hart versnel .
Sy,s n liewe lawwe lollery ,
en in die wêreld se sinnelose woede
in al wat sin maak sy ” ) .

Of ek staan en veg , en of ek omdraai en vlug ,
of ek lig kan , en of ek swaar sug ,
of ek almal wys , of van hulle skuil ,
of ek myself besimpeld lag , of dood huil ,
jy hou my altyd bymekaar ,
ek lewe , bloed en water deurmekaar .

Jy,s my liewe lawwe lollery ,
en ek kan God se see leeg skryf
om voor Hom te bely
hoe jy my kop en my hart een mekaar vryf .
( “ Sy is die meisie van my asem , God ,
my longe kan nooit genoeg kry nie ,
en as sy weggaan en dis koue voor my
is sy my wasem ,
dan is dit weer warm as sy terugkom en bly .
Ek sal leër as leeg wees , God , selfs leër as dit
as U haar moet uithaal uit my
en haar nooit weer terug sit ” ) .

Jy is wonder bo wonder ,
eers bo , dan onder
holderstebolder , riebietjiestolke ,
ek dryf in die wolke ,
jy,s my liewe lawwe lolloery , my paljas ,
my sinne het my skaamteloos verpas .

Maar niemand sal die dag wil lees
as ek my hart moet uit skryf
om vir Hom te sê hoe dit sonder jou sal wees ,
soos n skemer in my lyf nie .
( “ God , dit bly reën , maar dit bly dit vaal ,
dit bly Winter , Here , en die blomme bly kaal .
Jesus , laat my son swart word ,
en my maan soos bloed ,
sal U my lewe verkort ? .
Ek wag hier in haar nagloed
terwyl dit donker om my word ” ) .




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

lawwe
Mooi beskrywend gepen.
5 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 3 ure oud


liewe lawwe lollery
Hierdie is een van jou bestes!!! Puik gepen en ook n prag ode aan jou geliefde
5 jaar 6 maande 2 weke 2 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar