Gedigte

Titel: Liewe Ma
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Liewe ma, hoe vinnig gaan die tyd nie verby
soveel jare al warm toegegooi onder 'n kombers
van gelukkige, saam onthou oomblikke vir my
snoesige tye wat knus raak aan my binneste

Maak ek my oë toe, weerklink klanke en geluide
van gebeure en saamdra herinneringe teen my hartwande
sien ek grootword jare, gesinsdae saam, met die wete
dat niks die hunkerende-onthou ooit sal dood

Prentjies, beelde, stemme wat in my gedagtes afspeel
is vir 'n rukkie nie 'n terugblik maar 'n oor-ervaring
'n weer-belewing wat vir 'n klein vinnige deel
so werklik voel dat dit die onthou soms versmoor

Die onthou sou nooit so duidelik kon wees vandag
as dit nie vir ma se omgee-liefde was wat diep kon delf
die mooi van die lewe eenkant sif, die res nie die moeite werd ag
ma se voorbeeld wat opvallend diep raak

Veral die afgelope paar jaar het dit 'n merk gelaat
gesien hoe ma die bietjie mooi-oomblikke nog pluk
sodat die eensaamheid ma se stukkende hart vir 'n oomblik verlaat
met die geloof en hoop dat daar more weer so 'n oomblik sal wees



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VuurWerke

deur die Posman

n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar