Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

klein-klein het jou oë
twee kuile onskuld
my arms vol gelê
het jy met jou eerste asem
my hart beleër
en met my lippe op jou voorkop
het ek wieg-wieg
belowe om jou lief te hê

kleuterkind het jy
geval en seergekry
dan saggies teen my bors gesnik
en toe jou traantjies soos sterrereën
op jou wange blink
het ek woordeloos gebid
dat jy in die toekoms steeds
troos in my omhelsing vind

deur jou tienerjare
het my arms nog gereeld
jou meisielyf omvou
om in stille liefdestaal te sê
ek is altyd lief vir jou

en nou maak ek my arms oop
om jou vleuels te gee
en wanneer jy vry in jou tuimelvlug
oor lugstrome
en wolke blou omsoom
die hemel joune maak
bly my arms steeds
die liefdeswind waarop jy sweef



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wow...die woorde so pragtig! Soos sterrereên en dan weer "die liefdewind waarop jy sweef" So pragtig, die liefde uitbeelding tussen Ma en kind. Pragtig in elke reg!
6 jaar 9 maande 2 weke 6 dae 13 ure oud


The real religion of the world comes from women much more than from men - from mothers most of all, who carry the key of our souls in their bosoms. ~Oliver Wendell Holmes

PRAGTIG hierdie kosbare gebedsvers van jou!
6 jaar 10 maande 3 weke 1 dag 5 ure oud


Hoendervleis gedig!! Dit raak 'n moederhart, so pragtig!!!!
6 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 22 ure oud


moeder en kind treffend gesdig. mooi
6 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 10 ure oud


Ag, dis so mooi. Jy moet maar laat gaan, wat kan jy doen? Seuns is makliker om te laat gaan as meisies.
6 jaar 10 maande 3 weke 3 dae 13 ure oud


Kom ons sê dit nog een keer: ek is mal oor jou gedigte!!! Baie mooie dié, gaan sommer ook gunstelinge toe vir anderdag weer lees.
6 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 17 ure oud


pragtige verse..
die liefdes-knoop vir 'n kind, ewig verbind, pragtig!
6 jaar 10 maande 3 weke 4 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Kruispad

    deur Manie Jackson

    Toe Luzette en Manie se paaie gekruis het, en die lewe daarna.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar