Gedigte

Titel: ligtoring
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

strategies geplaas naby die suiderpunt
om onervare skippers leiding te gee
op die vaart deur die lewensoseaan
die baken van lig te wees in donker nag

‘n enkeling
geïsoleer
in beheer

ligtoring…

deur die bruidsluier van digte mis
jou semi-sintuiglik waargeneem
onsigbaar ver die binneland in

ruik jou,
hoor jou,
voel jou

in jou afwesige teenwoordigheid
my hunkering na jou verterend
maar ek is vasgefondament

op die suiderpunt

sien ek jou in die wind
verlangende oë
wat jou vergeefs probeer vind

en dan verskyn die son oor die kim
en die sluier van mis smelt weg
oor die verlate dorre vallei

gedagtes aan jou in vergetelheid
vasgevang op wit in swart pastel
die uitbeelding van my eensaamhel

my lig na buite vir soveel ‘n baken

maar binne my,
die ligtoring,
is daar net duisternis,

dis donker sonder jou!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar