Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

as jou liefde soos
branders saam
met die eb en vloed
van die oseaan se gety
teen my hart kom slaan
my siel saggies streel
in ‘n skulpkombersie
met algeblaar toegevou

jou minnelied aansweef
op die asem van die wind
jou omgee donsveersag
soos verdwaalde albatrosveer
in my hartskamers warrel en draal
gedagtes soos spookasemwoorde
fluister in my oor se skulp
galloppeer die ritme van my hart

dan sirkeldans jou liefdeslig
die ewige ligtoring van my hart
deur mistige see-sproei
wat ritmies draai, om-en-om
jẏ, sal ewig my waterbaken bly
deur donkernag se swart
ook in elke onweersdag se grou
bind jy my teer en vrywillig
in jou liefde vas

© Anzè Bezuidenhout



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

.
Dit moet darem heerlik wees om sulke liefde te ervaar.
Mooi geskryf.
5 jaar 6 maande 4 weke 2 ure oud


Ligtoring
Pragtig! Ai die liefde bly mooi.
5 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 4 ure oud


Ligtoring
Pragtige beskrywing soos net jy kan!
5 jaar 7 maande 4 weke 12 ure oud


Ligtoring van my hart
Christus is die Ligtoring van my hart
5 jaar 7 maande 4 weke 17 ure oud


Kommentaar
"galloppeer die ritme van my hart" - interessante woorde.
5 jaar 7 maande 4 weke 22 ure oud


Toring
Dat 'n bos-vrou soos jy nou so pragtige see-beeld gedig opgetower het.
5 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 4 ure oud


Ligtoring
Pragtige gebruik van beeldspraak om die tere liefde te beskryf.
5 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 20 ure oud


Ligtoring
Baie mooi woordbeelde wat jy gebruik en weereens het jy dit meesterlik aanmekaar gevleg. Baie mooi geskrywe.
5 jaar 7 maande 4 weke 1 dag 22 ure oud


Ligtoring
Soos altyd maar is jy die voorloper met jou besondere vermoë met minnetaal. En hier skeep jy beslis nie af nie! Baie dankie.
5 jaar 8 maande 12 ure oud


Ligtoring
Anze, jy is besig om 'n standaard te stel wat net jy kan by hou met jou unieke digkuns. Baie mooi beeldspraak!
5 jaar 8 maande 18 ure oud


Ligtoring
Weereens kan ek maar net beam wat reeds gesê is. Liewe vriendin, asb. as ek nie altyd kommentaar lewer nie, weet dat ek gelees het, maar in my onkunde kan ek niks meer sê as wat reeds gesê is nie.
5 jaar 8 maande 18 ure oud


Ligtoring
Weereens is die beelde wat jy gebruik baie mooi - sagte beelde - donsveersag spookasemwoorde ens.
5 jaar 8 maande 19 ure oud


hart
Goeie vers, Anze. Veral jou slotreels is vir my baie besonders :)
5 jaar 8 maande 21 ure oud


***
Uitstekend verwoord met baie en mooi woordbeelde, Anze.
5 jaar 8 maande 1 dag oud


ligtoring
anze jky laat my dink aan die vuurtorings. soos hulle skepe in die nag waarsku om weg e bly kan iemand se liefde juis jou vuurtoring van geluk wees
5 jaar 8 maande 1 dag oud



Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar