Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Vrolik en saggies hoor ek hul sing,
dis die voëltjies gestuur deur God, om vreugde te bring.

Stadig maar tog, sien ek die sonnetjie sy gesiggie wys,
werk van U, om ons dag kleurvol te maak in plaas van grys.

Staan rustig op en haal dan diep asem,
jy ruik die varsheid van die nuwe dag,
die geleenthede wat dit in hou.
Wees dan sterk en opgewonde,
want die Groot Vader waak oor jou.

Hou vas aan Sy beloftes want dit is waar,
hou vas aan jou geloof, al raak dit oneindig swaar.

Leef elke dag vrolik, voluit en vol grappies,
want daar is NIKS mooier as God se kinders se pragtige laggies.

Onthou wie jy is, onthou waar jou hart lê,
wees teen alle tye opreg en dink mooi voor jy iets sê.

God sal jou optel in geloof sodat jy ook een van Sy voëltjies kan wees.
Nie fisies in vlees, maar beslis in gees.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Katarsis

    deur http://www.woes.co.za/

    Katarsis, ’n versameling gedigte deur 3 skrywers, tribalmoon, Berg en Chenél Pieterse-Boyle in Afrikaans, bevat ’n uiteenlopende versameling gedigte wat ’n ryk diversiteit van temas en denke byeenbring.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar