Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ons is
stukkies glas
gebroke deur
woorde en dade
waar pyn en haat,
in flenters

ons is
loodglas vensters
vol lewens kleur
van alles wat
met ons gebeur,
netjies gelas

ons is
menswees mosaiek
geheel deur liefde
en genade alleen,
al wat máár oorbly is,
lood-letsels



© Kopiereg Voorbehou – L Badenhorst



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Loodglas Vensters
Mens kan hier op uitnodiging diep sien deur die venster van jou wese want jou gedig adem vir my baie meer as wat jou klompie reels op die oog af blyk. Tussen-in lê baie meer vir my gesê...
4 jaar 4 dae 21 ure oud


Laat
mens saamdink woorde.
Hou baie daarvan Zellie.
Jou "in flenters" kan ook werk met "flenter" of "verflenter". (Maar net 'n gedagte!)
4 jaar 2 weke 3 dae 15 ure oud


loodglas
Pragtige beeldspraak - laat my dink aan herwinning!
4 jaar 2 weke 4 dae 17 ure oud


Loodglas
Die is uitstekend. Dit is al. Sjoe, die is uitstekend...
4 jaar 3 weke 3 dae 5 ure oud


Loodglas vensters
Mooi beskryf, mooi beelde wat jy gebruik.
4 jaar 3 weke 4 dae 12 ure oud


Letsels
Puik bydrae en great vergelykings!!
4 jaar 3 weke 4 dae 12 ure oud


Loodglas Vensters
Groot waarheid hierdie.
4 jaar 3 weke 5 dae 1 uur oud


vensters
Waow zllie tien uit tien vir hierdie ene
4 jaar 3 weke 5 dae 2 ure oud


Loodglas
So is die lewe ne, stukkies gebreekte glas, aanmekaar gelas en ingekleur. Broos en breekbaar maar herstelbaar.Pragtig
4 jaar 3 weke 5 dae 8 ure oud


glas
baie baie mooi
4 jaar 3 weke 5 dae 8 ure oud


loodglas vensters
Pragtig gepen. Stem saam met Viooltjie.
4 jaar 3 weke 5 dae 9 ure oud


letsels
Baie goeie vergelyking gebruik, Zellie. Die loodglas vensters maak die mooiste prentjies :-) goed geskryf.
4 jaar 3 weke 5 dae 12 ure oud


loodglas vensters
sjoe dis pragtig gepen!!!
4 jaar 3 weke 5 dae 13 ure oud


Vensters
Dis baie mooi.
4 jaar 3 weke 5 dae 13 ure oud


Vensters
Pragtige werk, kort en kragtig.
4 jaar 3 weke 5 dae 13 ure oud


Vensters
Wow, hier het jy jouself oortref. Pragitg
4 jaar 3 weke 5 dae 13 ure oud



DIGSELS: 'N LEWE IN VERSVORM

deur Johann P. Boshoff

Hierdie bundeling van die digter se "oorgeblewe" Afrikaanse nie-opdragwerke sedert die 1970's is bedoel om biografies gelees te word. Wat 'n reis!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar