Titel: lost in you
Weergawe: 1
Aantal woorde: 231
Kere gelees: 748
Datum gepubliseer: 19 May 2008
Hoop is vir die hemel
om op my neer te daal
want waar jy nou is
het jy reeds tussen duisend sterre
in my oë verdwaal (KK)
so hemelruim
omvou my vannag
laat leemtes verval
want ons laaste ontmoeting
maak my nog mal (CH)
'n vuur vlam gloed
brand hier in my en net jy
kan my kom blus maar
dis net stomheid wat my
vanaand voed (CH)
omdat dit wat jy
nie weet nie
iets is wat ek nie vanaand
kans sien om met jou
te deel nie (KK)
want dae gaan verlore
en na ure se soek
het ons mekaar gevind
maar steeds sal ons nie liewer hê
omdat weerstand ons verhoed (KK)
ek skram weg van jou
kort geselsies
lang nagte wat vinniger stop
albei word in stillegeit verskeur
met liefde wat wil meer (CH)
dan vind ek myself weer
met wense vir eendag
en kan ek nie anders
as om my onbeperkte liefde
vir jou aan myself te verklaar (KK)
hoop vir ons twee
wat nie wil sterf
vriendskap alreeds bederf
maar nogtans bly jy in my
'n liefde tussen ons
wat nie een kan vermy (CH)
ek is jammer dat
jy dit moes hoor,
maar ek het my beste pel
in jou verloor...(KK)
smeek ek jou:
kom terug na my
vang my hart vas
sê weer vir my
dit is daar,
dit wat was... (CH)
Lees ander gedigte deur Katriena Katryn
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


sê weer vir my
dit is daar,
dit wat was...