Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dagbreek al versamel
die mense-tou by die hek.
Langsaam,traag die wag.
Op haar geboe rug,
Vroetel en huilerig,
 - haar siek kind.
Tuit-gebuigde Coke-blikkie dien as waterglas -
Samaritaan help die kind se dors-nood les.

Kosbare liggaamsvog gestort
Met elke nuwe sweet-koorsbui.
stadig aan kwynende,
net swakker te word –
naderhand lusteloos groot-oog
stil, in ma se arms ly.
„ Febre, FEBRE“
– smeekend die oproep as iemand naby talm
En steeds gaan almal hulle verby .

Iewers in die lang, na-nag ure,
wagtend steeds vir 'n beurt,  
Word ‚n warm lyfie koud –
En eensaam begin -
‚n moeder huil.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

gedig
sjoe dis pragtig!!!!
nicky
10 jaar 4 maande 1 week 6 dae 9 ure oud


Hierdie blik op menswees en die onmenslikhe3id van menswees is Afrika maar kon ook in Asie of Indiee afgespeel het.
Jy het die pyn en die wanhoop en die gebrek aan n samaritaan baie goed uitgebeeld.
Ek sou graag wou sien dat jy nie elke reel met n hoofletter begin nie soos die Amerikaners maak nie. Dis daai demn Word se skuld ne?
Groete.
A
10 jaar 8 maande 1 week 2 dae 16 ure oud


'n Mooi seer gedig.
10 jaar 8 maande 1 week 3 dae 3 ure oud


Ai die hartseer. Maak my dankbaar vir so geriewe baie hier in ons omgewing.
10 jaar 8 maande 1 week 3 dae 5 ure oud


Luanda hoor n vrou wat huil
Pragtig geskryf voel die moeder se kommer aan en dan die koue lyfie so baie pyn en hartseer.
10 jaar 8 maande 1 week 3 dae 5 ure oud


Luanda hoor n vrou wat huil
Pragtig geskryf voel die moeder se kommer aan en dan die koue lyfie so baie pyn en hartseer.
10 jaar 8 maande 1 week 3 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VOLLEDIG CHRISTEN, VOLLEDIG MéNS

deur Johann P. Boshoff

"We need to rediscover ourselves as full human beings and discover that it is precisely as full human beings that God wants us to come to him. His salvation, his love, his mercy are designed for full human beings, not for theological or religious creatures who have stifled their humanity or repressed their deepest emotions. We ought to be fully human and unashamed of our humanity ... as we approach the God who made us that way and is waiting for us to come to him in that way. Jesus himself approached God in that way and communicated with his whole heart in prayer to the Father. (Hebrews 4:15-16 and 5:7) The Spirit is imparting to our heart the faith and desire to approach God." ■ Ralph Martin in Hungry for God (1974)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar