Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As die langverwagte reendruppels
traag plof in die dik stof,
opjaag lui muskiete en vliee,
traanreen strepe los oor kar en muur.

Luanda maak kersfees –
as fees liggies uitgestal,
pryk aan venter,deurkosyn
die bloedsmeer teken
hier woon christen,
en gaan my nie verby o Heer.

Luanda hou kersfees
‘n Wag slaap – eenoog toe,
op sy afbeen- stoel.
Uitgestrek, lui-vaak nes sy AK-
sy fresca lankal warm en verslaan.

Luanda berei vir kerfees
Met lang toue mens
By petrol stasie en bottelstoor.
Ry op ry voete en wiel
Die uittog vir die fees gety.

Luanda vier kersfees
Die siekes le nog voor die hospitaal.
Onder grys vlooikombers,
op boksmatras en eergister se koerant.
Geen blikkie vir bedel of bakhand
dit help nie meer
Arm- armer, Ryk- ryker.

Luanda hou kersfees - Feliz Natal
En almal juig – hulle maak atmosfeer.
Verwagtinge, jaar lank gekweek.
Net dalk, slaan hy ‘n jack-pot die keer.
Tot dan –
is dit vir Luanda Boas Festas.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Luande Kersfees
Jy het al so baie gesien en alles was nie mooi nie. Tog is jy 'n ster wat ly en lei.
10 jaar 10 maande 3 weke 2 dae 12 ure oud



LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar