Gedigte

Titel: Lullaby
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sjjj nou my kindjie, slaap sag
Daarbo is Een met ‘n groter mag
Doedoe nou mamma se kind
Ek pleit om geen trane in jou ogies te vind
Nou is dit donker en dit is nag
Môre is weer ‘n nuwe dag
Alles lyk nou so mistroostig en koud
Môre speel die sonskynstrale weer deur die woud
Nou is jy onseker en jy is bang
Môre wil jy weer glimlaggies vang
Maak nou jou ogies toe my kind
Sodat jy die môre gou kan vind
Sjjjjjjj



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skat van die Seerower

deur Rachelle du Bois

Dit is die jaar 1845. Twee jong vroue is op 'n belangrike sending per skip van Frankryk af na Engeland op pad. Een het ’n kosbare skat in haar besit wat veilig in Engeland besorg moet word. Dis egter nie so maklik nie, want hul skip, Du Vent, word deur twee Franse edelmanne onderskep in ’n poging om te keer dat die skat in Engeland beland, want dit is die eiendom van die Le Veque-familie. Die mans is vasbeslote om dit terug te neem na Chateau le Veque in Nantes, Frankryk. Sal die pragtige dames die sending suksesvol voltooi ten spyte van ʼn storm op see, ontvoering, misverstande, bedreigings en allerhande ander ontberings en noue ontkomings? Of gaan die twee Fransmanne sorg dat die skat terug besorg word waar dit hoort?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar