Gedigte

Titel: Lupus

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

LUPUS
Lupus die Latyns vir Wolf,
Het ons getref soos ‘n reuse golf
Magteloos staan ons en kyk
Hoe Martin se nierfunksie wyk.

So taai soos die taaiste leer,
Klou ek aan my geloof, om U te eer.
Net U O God ken my seer,
Dialise masjiene wil ek en Martin nie meer.

Die tyd toe ons kon lag,
Het ons U skeppingswerk
Met al sy prag,
Soos ‘n trein verpas.

Ons het geglo o Heer
Net U kan die niere omkeer.
Vir ‘n wonderwerk het ons gebid.
U stilswye het my laat stik.

Op U my God het ek vertrou
My nier sal die oorplanting verbrou.
Met masjiene wat nog voort sing,
Het U wel genesing gebring!

U woord het U gestand gehou
Dag na dag word ons omvou,
En in die holte van U hand gehou,
Sodat almal u Almag kan aanskou.



Kommentaar

Jou woorde het met my hart gepraat, die onvermoee van die mens as hy voor n krises staan, alles buite sy beheer, dan weet n mens daars net Een wat kan help, Hy wat ons geskape het. Die woorde van mense is soos kaf wat deur die wind weggewaai word, maar Sy Woord is onveranderlik, Ewig, Standvastig en niemand kan dit steel nie. Sy Ja is Ja en Sy Nee is Nee. Op sy Woord in ons hart gegrafeer kan ons staan al val almal en alles om ons want dit is Onveranderlik vas. Laat jou woorde uit jou hart n Lof offer wees tot Sy eer, want Hy is altyd in beheer en regeer tot in ewigheid. Saam met jou sal ek my stem verhef en Hom dank vir Sy Genade en Liefde vir die mens.
3 jaar 2 maande 3 weke 4 dae 7 ure 3 minute oud


Lupus
Diep treffende woorde wat deel van pyn en persoonlike worsteling. Skryf kan genesing bring, moet nie ophou nie. Dankie dat jy jou ervaring met my gedeel het.
3 jaar 2 maande 4 weke 1 dag 3 ure 46 minute oud


Ek het tot laas jaar niks van Lupus geweet nie. Ook nooit eers daarvan gehoor nie. Toe hoor ek my jongste boetie se vriendin het die siekte en hulle het sopas n baba ook gehad en dus is alles baie relevant. Ek weet dat skryf n wonderlike terapeutiese ding is en hoop jy kry al jou pyn en seer so uitgeskryf. Wens jou geluk en blydskap toe en welkom op woes. Groete. A
3 jaar 4 maande 2 dae 12 ure 15 minute oud


Baie mooi gedig met sterk uitbeelding van die uitmergeling van Lupus en vertroue op God.
3 jaar 4 maande 3 dae 10 ure 7 minute oud


baie welkom hier.jou gedig raak diep, die onsekerheid wat julle beleef het en die vreugde wat nou bly, lees soos 'n storie.
as ma van iemand wat ook nierprobleme het wat vorentoe onkeerbaar gaan versleg, lees ek diep tussen die lyne.
a.
3 jaar 4 maande 4 dae 19 ure 8 minute oud


Welkom hier. Soms is skryf die beste medisyne.
3 jaar 4 maande 4 dae 21 ure 11 minute oud


Kommentaar
Alta dit is pragtig nou sien ons uit die die volgende gedigte. Mens voel jou emosie aan in hierdie gedig.
3 jaar 4 maande 4 dae 21 ure 12 minute oud


Alta, met my eie oë vol trane het ek nie woorde om te troos nie. Maar ek dank God dat hy jou seun gered het. Watter WONDERLIKE manier om Hom die eer en glorie te gee! Dis 'n pragtige gebed. En my gebed vir jou is dat jy vrede sal kry na al jou beproewings. Dit is 'n pragtige gebed, ek bêre hom in my hart se digbundel!! En welkom!
3 jaar 4 maande 4 dae 22 ure 19 minute oud



Alles-in-een-toerustingspakket

deur Christo Nel

Wat Joyce Meyer gedoen het in Engels, doen Christo Nel nou in Afrikaans! Hier voor jou het jy iets unieks in Afrikaans. Leer om in Jesus se Naam mense te bedien, met behulp van die Alles-in-een- Potpouri-toerustingspakket uit die Nuwe Wyn-kelder!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar