Gedigte

Titel: MA
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

As jou tyd ophou
sal jou woorde bly,
dieper gewortel as vroeër
om ʼn hart te laaf
wat moet voortleef
sonder jou -
soos druppels seën
lewe gee
sal ek jou gebede,
sommer net gesels,
vele wyshede
en jou lag
onthou

maar vandag is nog somersoet
en lig en bly
omdat jy hier is
vir saamwees in ons sonkring

en ma
jou liefde is hemelblou
en altyd daar -
my reddingstou.



© C. Potgieter – Moedersdag 2013



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

***
Regtig mooi gesê.
6 jaar 9 maande 1 week 5 dae 23 ure oud


*
Hierdie is so mooi, Charmain!
6 jaar 9 maande 1 week 6 dae 4 ure oud


Ma

"...en ma
jou liefde is hemelblou
en altyd daar -
my reddingstou."

So sag en mooi verwoord!
6 jaar 9 maande 1 week 6 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

VREEMDELING IN MY VADERLAND

deur Piet Schoombie

Dit handel oor die probleme wat baie Suid-Afrikaners in die nuwe SA ondervind en hulle wroeging met die vraag of hulle moet ry of bly. Lesers sal hulle ten volle kan vereenselwig met die realiteit van korrupsie, misdaad en moord in dié boeiende verhaal..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar