Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ma, soveel winters en somers reeds verby -
Vader tyd het reeds sy spore diep getrap
oor jou grafsteen wat yl af ets teen hemel
blou en die grou graniet wat plek – plek
vaal deur skemer.

Ek wil so graag vir jou skryf ma...

Tog kyk my spieëlbeeld leeg terug
en ontredder my muse wat ek reeds
so lank al soek en roep,
woorde fladderend soos 'n mot -
verblind deur lig maar eintlik
verdoemend sy laaste lot...

Ma, dis moedersdag...

Ek probeer om jou skoene
vol te staan – om ma en ouma
te wees, wil jou trots maak...
al antwoord die spieëlbeeld my nie meer
probeer ek nog... jou niks aan raak.

Gee ek my hart ongevraagd -
ek weet jy sou,
Tog wou ek jou ken, so graag -
omdat ek glo jou inner ek skuil
diep agter hierdie hart se vlaag.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

ma
Dis mooi en seer
4 jaar 11 maande 4 dae 11 ure oud


ma
Dis mooi en seer
4 jaar 11 maande 4 dae 11 ure oud


Ma
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Spieëlbeeld / Refleksie projek
4 jaar 11 maande 4 dae 13 ure oud


ma
Mooi ode aan 'n Moeder.
4 jaar 11 maande 4 dae 15 ure oud


Ma dis Moedersdag
So lê elk se innerlike verskuil tot in lengte van dae
4 jaar 11 maande 4 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

AFGODE

deur Piet Schoombie

Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar