Titel: ma het 'n blokkieskombers gebrei
Weergawe: 1
Aantal woorde: 156
Kere gelees: 79
Datum gepubliseer: 26 Sep 2011
As daar iets in die lewe is wat menswees so pragtig illustreer
iets wat so kleurvol,helder,geduldig,'n verhaal vertel,
is dit wanneer Ma 'n kleurvolle blokkieskombers heukel of brei.
Blokkie na blokkie,bol na bol,geklik van breipenne,klik klak klik.
Elke keer as die motor ry, gaan koeldrank,kos en breibol saam.
Saam as deel van vandag se panster teen verveeldheid geraam.
Honderd vier en veertig blokkies later,honderde myle en ure
se gewoel,kom die eindproduk al nader.Amper soos God met Sy
skepping mooi,word die blokkies aanmekaar getooi.Uiteindelik,een dag,word die blokkies aanmekaar gewerk en siedaar,'n kunswerk.
Die boodskap ,hard en duidelik,geduld en harde werk,werp
vrugte af en die eindproduk,warm en mooi,vir altyd en altyd.
Amper soos die lewe word die werk vir oulaas geinspekteer,'n
wolletjie hier en 'n wolletjie daar.Stadig opgevou,uieindelik is dit klaar.More begin dit alles weer.
Lees ander gedigte deur johnie007
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte

deur Delene de Wet
My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.
wat as outyds afgemaak was
en nou herleef met nuwe sentiment