Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


MA SE DOGTER

Ek kyk na jou en weet dat jy
Nie meer ma se klein dogtertjie is nie
Voor my sit ‘n jong vrou
In die oggendstond van ‘n nuwe lewe

Die namiddag het vir ons nadergekruip
Die silwer goue strale van die laataand son
Met blink strepe in ons reeds minder hare
glansend platgekam teen ons slape

Terwyl ma kyk na die sagte skoonheid
Van jou gelaatstrekke en die glimlag om
jou mond - die sterre in jou oë en die
ywer in jou stap ... Weet ons

Dat die lewe vir ons goed was. God het vir
ons ‘n kind gegee, ‘n dogter, op wie ons trots kan wees.
‘N Kind wat kan uitdra en laat voortleef
Dit wat in ons harte nog jonk voort bly leef.

My kind, my dogter, jou drome is ons ideale
Jou geluk, en vrede, is ons begeerte
Jou sukses en ambisies is vir ons ‘n plesier
Jou liefde en vreugde is ons gebed.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar