Gedigte

Titel: maak vrede

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Een aand had ek ‘n droom,
ek was oppad na die hemel poort so skoon,
langs die pad sien ek
‘n man in spierwit klere sit.

Ek het toe by hom gaan staan,
Hy vra toe vir my,
“Vriend, waar kom jy vandaan?”
“Waarom is jy alleen?”

Ek sê toe vir hom dat
ek van ‘n ver land af kom
en dat ek dit haas onmoontlik vind
om my aan daardie gemeenskap te verbind.

Hy sê toe kind,
“Het jy al vrede met jouself gevind?”
Ek was verslae
En sonder woorde het ek voor hom gestaan.

Op ‘n sagte toon hoor ek sy stem
toe Hy vra “Ken jy die kind van Betlehem?”
my antwoord was “Ja”
ek weet dit is hy wat op kersdag harte verbly
wat onder sorge gebukkend gaan.

Meteens hoor ek stemme wat sing
van liefde wat Jesus ons bring
vir menige hart wat in duisternis leef
wat onder sonde skuld swig
bring Hy die ewige lig.

A. Naudé




Waarheen met die Nuwe Wyn

deur Christo Nel

Die boek, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, wat in 2004 vir die tweede keer nuut gepubliseer is, is bedoel om ‘n bydrae te maak as deel van die gesprek rondom Bybelse vernuwing wat tans onder veral Afrikaanssprekende gelowiges aan die gang is oor wat Christen-wees en kerk-van-Christus-wees beteken.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar