Gedigte

Titel: Maal Dooie Agt...

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ons tyd was lank maar vlugtig verby
ek is lief vir haar en sy is vir my
ek waardeur haar in alles wat sy doen
van die dooie agts tot haar sagte soen

ek wil jou he...

Ek wil dit net beter maak vir jou
ek weet dis moeilik om te verstaan
as dinge maar net anders was sou
ek nooit daardie foute moes begaan

ek wil jou he...

Dit vat meer as net swaar reen
om ons van ons sonskyn te ontneem
ek wil net by jou wees
maar ek weet ek is die doring in jou vlees

ek wil jou he...

Tyd gaan al vinniger verby en eks spyt
te vinnig vir alles wat gebeur het
nou lewe ek net met die verwyt
en ek wil he jy moet my red

ek wil jou he...

Ons tyd was lank maar vlugtig verby
ek is lief vir haar en sy was vir my...

ek wil jou he...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar