Nag se parade
kom met groot fanfare
– voëls begin huistoe swerm
– bokke trop saam
– renosters kyk uit vir stropers
en mense trein bus taxi kar huistoe .
Na die groot fanfare
kom die stilte
– iewers skreeu ñ nagkiewiet
– iewers blaf ñ hond
– iewers huil ñ kind
en iewers stry ñ man en ñ vrou .
Maar dis alles net white noise .
En as jy regtig fokus
en as jy regtig konsentreer
as jy die gedruis
van die traffic op die highway uitsny
die nagging geloei van die huisalarms ignoreer
en hoop die ambulans se flitsende rooi ligte
eindig nie in die dood nie ...
As jy net die engtevrees
van nag se stilte
wat dreig om jou grense
binne te dring kan oorkom .
Platdak huise se dakke lek altyd .
Maak seker dat jou siel
ñ staandak het .
( 26/12/2015 14h20 )