Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

waar was ek toe min gestaan het agter skilde skans
in die dun spleet ingepak by Termopylae se krans
en sou ek gedoen het net soos gevra was
as ek uit Szigetvar se poorte gaan na vuur en as
en terwyl liddiete bars op Wolvaardt se kop
sou ek saam met Kappie skiet sonder stop?
my hart is seer oor die Los Niños seuns se dood
maar sou ek saamstaan tot die laaste skoot?
en sou ek oor Gregorio se lyk 'n gebed sê
waar hy by Tirad se berge nou in vrede lê
en my durf wil breek oor die Verlore Battaljon
wat saam gesterf het in die Argonne
en seblief mag my moed my nie verlaat
as ek eendag self met doen en daad
teen tirranie en bloeddorstig vors
wat mense dood en en lewens mors
die allergrootste prys moet betaal
en sterf en die ewigheid behaal
dat later op ons grafstene in die groen
kan staan, hier was manne en reg het hul gedoen



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Impressive! maar jy klink meer hart as aap
12 jaar 9 maande 3 weke 6 dae 15 ure oud



Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar