Gedigte

Bladsye:
Titel: Makana
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Bitter breek die dag
teen die horison
en silhoeëtte van denne
moeg op die kruin
kreun in die ligte bries.
Êrens blaf ‘n brak
en donker skadu’s beginne
uit die krotte peul.
Soos die voormôre se lig
grys ontvou ,
raak die prentjie vol ...
Makanaskop

Dis ‘n vieslike bries
wat deur die plate waai.
Varke en beeste en hoeners
en honne en mense almal
saam in ‘n plakkersbuurt.
En stil soos die mis
voor die son swoeg
lê die vuil waarheid
bloot in die helder voor ons.
Die bonnels energie wat
die dorp se wieke draai,
die wilde wakker ogies
wat hoop op die toekoms pen
en die tenger oues
wat stil staar na die berg ...
Nxele

En as die lawaainag
met sy minibussies en karre
al sagter raak.
En die lampies en kerse en
Mhlobo Wenene stil uitdoof.
Verval die lewe in ‘n droom...
‘n droom van ‘n beter lewe,
‘n reënboognasie - Utopia.
En die droom verword
‘n versugte pleidooi,
‘n gebed om verlossing,
‘n roepe na voorvaderlike ontslapenes.
‘n post-mortem vir ‘n siel
êrens in ‘n watergraf
om ‘n eiland gespoel ...
Makanda.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ek werk ook deur al die skrywers se werk en ek moet se jou werk is baie goed. Hou van jou styl, dit lees gemaklik. Jy het baie talent, jy moet net aanhou skryf! Wag in spanning vir nog van jou werk!! Baie sterkte. R
13 jaar 11 maande 1 week 4 dae 22 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Toe Snoeks nog Snoekie was

    deur Manie Jackson

    “Toe Snoeks nog Snoekie was” Is ‘n storie wat vertel word deur die klein malteser, Snoekie. eindlik is die storie vertelle my ma , Babs Lourens. Dit is die storie van al haar mense en die ander diere wat op die kleinhoewe net buite Pretoria saam met haar gebly het. Dis werklike gebeure en mense, dit begin ongeveer in 1995 – oor ‘n tydperk van ongeveer 6 jaar, geen fiktiewe karakters nie, net die gebeure uit die jong hondjie se oogpunt.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar