Gedigte

Titel: Mallemeule
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die daaglikse roetine los my
En ek voel hoe my kop
Soos 'n mallemeule al vinniger ry
Dit hou net nooit op !

'N harwar van stemme woed in my kop
Prioriteit word net nog 'n woord
En ek voel lus en kruip in my dop
Maar selfs daar woed die stemme voort

Minute word ure en ure word dae
Maar so min tyd bring vir my gehae

Ek verlang na goed wat ek nooit beleef
'N "ietsie anders" om na te streef
Gee vir my bietjie avontuur
Voor nog 'n minuut verander in 'n uur



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mallemeule
Dalkies is die mallemeule net te goed gesmeerolie, hoop jy vind geluk in elke op en afdraande.
5 jaar 3 maande 2 weke 14 ure oud


Mooi uiteengesit
Dit kos krag om jou los te skeur van die ewige, langwierige draaiery: Jy kan jou knie, of jou neus, bloedig val.
,Self is die man', sê hulle hier = spring nou.
...voor nog 'n uur in 'n leeftyd verander.
Bloedneusgroete vanToom
5 jaar 3 maande 2 weke 1 dag 22 ure oud


Mallemeule
Hou hiervan!
5 jaar 3 maande 2 weke 2 dae oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Maalkolk

deur Rachelle du Bois

Adele Coetzee will nie vir Francois Bekker as nuwe plaasbestuurder op Goedgeloofd hê nie. Sy kan self hul familieplaas bestuur. Francois is ‘n indringer en hoort nie op die plaas nie. Sy vertrou hom nie, maar Francois besluit dat hierdie tierwyfie getem moet word. Deon Kelder woon op die buurplaas Goedehoop en hy is verlief op die misterieuse nuwe onderwyseres by die plaaslike laerskool, Madri Viljoen. Waarvoor het die hoogsbegaafde Madri gevlug en wat kom maak sy hier op Heidelberg? Hy wil haar hê, maar dis toe nie so maklik nie, want haar pynlike verlede kom staan soos ‘n skim tussen hulle. En wie is Alex ….?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar