Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Vandag wil ek net 'n versie skryf
oor my mallemeule liefde vir jou
die dinge wat ek voel
die dinge wat ek ervaar wanneer ek aan jou dink
maak my gelukkig

diep binne my weet ek jy hou ook van my
meer as wat jy dink
en tog wil jy nie praat oor dit
maar jou liggaamshouding spreek boekdele
en jou blou- groen oe vertel die geheime van jou hart

ek sien hoe kyk jy my uit as ons saam verkeer
jou mondhoeke trek met 'n glimlag as jy na my staar
tergliggies in jou oe vertel van die sprankel
jou skerts en ernstige gesels, 'n mengelmoes van emosie
en my hart is in 'n dwaal

wanneer jy uiteindelik aan my vat
besef ek hoe ek oor jou voel, en wat jy aan my doen
ek wil in nou arms lê en jou hartklop voel in my oor
jou asemhaling sinkroniseer met myne
net saam met jou wees

dis sagte aanraaking van jou vingerpunte op my vel
die reuk van jou manlike geur in my neus
die warmte van jou sagte stem in my ore
die nabyheid van jou wese, van jou jy
laat my jou net nog liewer kry

dis hoe ek voel oor jou
net die wete jy is daar
ek hunker na ons saamwees, na ek en jy en ons
maar ongelukkig was dit net 'n droom waaruit ek wakker word
en alles daai is net weg.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mallemeule liefde
Ag, nee...'n droom??? Dit het so heerlik geklink, lekker geruik, vars gesmaak, liefde uit die boek gelees...nogtans is jou woorde asemrowend, romanties, JT!
8 jaar 2 maande 1 dag 20 ure oud


Droom of nie ... dit is steeds great!
8 jaar 4 maande 1 week 2 dae 23 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar