Gedigte

Titel: Mamma
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mamma, soveel woorde is al geskryf,
soveel liedjies al gesing
nog nie een –
kon u waarde na reg besing.

Skrywers en digters speel met woorde,
woorde saam met musiek akkoorde,
tog kom daar altyd iets kort-
u liefde, u omgee, u troos
alles mildelik vir u kroos,
kan niemand na waarde beskryf.

Mamma, u is uniek ek het u so Lief,
God het U vir my uitgesoek.
soos geskryf in die Lewensboek-
om my te leer van geloof hoop en liefde,
Die grootste hiervan die “Liefde”.

Mamma, U liefde is só spesiaal,
ek kan net vreugde daaruit haal.
U opregtheid weg van alle pretensies,
verander soveel in baie mensies.
U bemind deur groot en klein,
u opvoeding so fyn.

U leer my liefde die natuur en elke dier,
U put soveel vreugde uit blomme mooi-
u tuin altyd in blomme prag getooi,
u oë wat altyd van liefde straal,
u vreugde lag elke dag-
Mamma u is so spesiaal!

Toe siekte U laat kwyn
kanker binne u pyn
Die dood u weg skeur met venyn,
Geen mens sal ooit verstaan,
hoeveel hartseer was in elke traan.

Die leemte deur u gelaat,
ek het seerkry gehaat,
om te weet dit is vaarwel
was regtig ware hel.

Net God kan regtig weet
dat ek U nooit kan vergeet.
Dankbaar is dat ek weet,
dat u by Jesus op my wag-

Mamma ek het u lief.

Geskryf deur Ans Coetzee
© Kopiereg 2008

Opgedra aan my mammie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Beste Mamma gedig wat ek in 'n baie lang tyd gelees het
12 jaar 2 weke 2 dae 15 ure oud


Lekker om met soveel liefde respek en eer van jou ma te kan praat. Al die herinneringe vergoed vir al die seer.
12 jaar 5 maande 1 dag 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DIE WIEL DRAAI

deur neels claasen

Die skrywer se vierde spoorwegroman uit die stoomera uit waarin hierdie dae weer herleef word



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar