Gedigte

Titel: Mamma Lina
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Mamma Lina

Haar naam is Mamma Lina
Sy kom daar vêr vanaf Venda –
werk nou anderkant Tembisa

Sy ry met die trein tot by haar werk
vir haar is werk mos kerk
dan bedien Sy die mense aan tafel
haar hande bak en breek brood

Sy reinig die borde
met haar blink swart hande
neure haar gesange
saam met elke beweging
wánt vir haar is werk mos kerk

Eendag Mamma Lina sal die
Modimo jou kom haal sal Hy jou dien
Jou hande blink wees – nie van water
maar die olie van Sy Gees

Sal die engele vir jou sing diensmeisie
Sal jou tafel dek
Sal jy nie meer dors word soos by die werk
Sal jy sê die Here hy het mooi ding gedoen

Mamma van Venda


Alesta Smit





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar