Gedigte

Bladsye:
Titel: Mammie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die onbekende het my hart uitgeruk, vernietig, gekneus.

Lewe word aan ons gegee maar dis nie sonder pyn wat ons ontwaak en ons eerste asemteug gee nie.

Die gehuil van ons siel skep vreugde aan moederlief want in hart weet sy die begin is eindelik hier.

Nege maande wag is verby en so word die pyn ook gou minder, gaan weg, verdwyn.

Tyd stap aan, ek word geleer van alles wat ek moet weet, ken en kan doen.

Wat dan gebeur is haatlik ooit, my moeders hand word weggeruk.

My siel ruk deur my lewens oog en weerloos staan ek alleen in hierdie diep donker gewoel van ’n monster poel van verwarring en angs.

My moeder is nie meer by my, ek sal haar nimmer nooit meer hoor, sien of voel.

Haar lewe word van my ontneem so skielik, spoedig, onbeplan.

Mag vrede met haar altyd bly, haar glimlag en haar liefde oor my waak soos sonskyn elke dag sal opkom en verder skyn met maanlig in die donker nag.

Lief vir jou altyd mammie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pragtig
Gabriele jy bring skoon trane in my siel. Die lewe is so kort... die gedig is pragtig.
6 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    VuurWerke

    deur die Posman

    n versameling liefdes gedigte wat die stormagtige verhouding tussen man en vrou uit beeld, en ander gedigte.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar