Titel: Mammie; hoor jy?
Weergawe: 1
Aantal woorde: 64
Kere gelees: 37
Datum gepubliseer: 05 Nov 2009
Mammie, hoor jy my stem?
Hoor jy die suising
van die branders?
Mammie, hoor jy?
Ek roep na jou!
Of het jy al klaar vergeet?
Mammie, jy was my alles
Jou lewensdraadjie
kortgeknip...geskaaf
geskaaf...geskaaf...
Mammie, ek roep na jou
Luister!
My eggo's weerklink
saam die kras van 'n meeu
Kyk!
In die vlak water lê my glimlag
Mammie, ek roep!
Hoor jy?
Lees ander gedigte deur leigh carlson
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Gedigte
