Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

moeë lang tree sleep traag vorentoe
vuil strepe neem vorm aan op sy gesig
sweet loop paaie oor sy stofbesmeerde gelaat
agterkant van sy hand laat ‘n modderstreep oor sy wang

son brand vel neer op sy uitgehongerde liggaam
voor hom sien hy stoom lug op uit stofpad verdamp
in verte verbeel hy hom ‘n waterpoel
lek hy oor sy droeë lippe wat vol stof in sy mond beland

‘n dreuning kom met volle vaart hom verby
gooi ‘n wavrag sand oor sy reeds vuil bestofde liggaam neer
moeg en dors ruil hy baalsak en geweer van skouer
opgewonde om hom in waterpoel te reinig.

teleurgesteld, moeg en uitgeput sak hy op sy knieë neer
hortend ruk droeë snikke uit sy keel
sy laaste hoop daarmee heen
vind sy hom tog einde ten laas
in die stofpad

© ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Man
En hier raak jy emosies diep aan. Jou beskrywing "hortend ruk droë snikke" rond die skets perfek af. Knap gedaan.
6 jaar 4 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud


Nou pink ek 'n traan...
Daardie jare was ek 'n jong onderwyseres op Grootfontein. Honderde weermagkindertjies het by my leer lees, skryf en reken. En die troepies sal ek nooit vergeet nie. Elkeen het 'n man, seun, broer, pa, ma iemand naby, of kennis in die weermag gehad.

My Pa hulle het in Marico geboer voordat hulle Suidwes toe getrek het en hy het my ma daar ontmoet. Marico was altyd sy hartplek.
6 jaar 4 maande 4 weke 5 ure oud


Stofpad
Puik en sielvol verwoord Ans.. ek het my totaal ingeleef in hierdie pragtige gedig.. dankie vir die deel 10/10
6 jaar 4 maande 4 weke 5 ure oud


--
Ek het hierdie gedig van jou seker nou`al 3 - 4 keer gelees en hoe meer ek lees, hoe droër word die speeksel in my mond. Ek kry 'n amperse "wurgende" gevoel tot hier by die einde waar dit dan skielik voel asof alles in my morsdood is ten spyte van die woorde, "vind sy hom tog einde ten laas" (Jou gedig raak my diep!)
6 jaar 4 maande 4 weke 6 ure oud


Man
Absoluut Ans. Hierdie man, hierdie stofpad. Dit is so absoluut ons lewenspad. Wanneer ons wil hoop opgee, tou op gooi, is Hy altyd daar, of liewer hier vir ons.
6 jaar 4 maande 4 weke 7 ure oud


Gevind?
Ek hoop so. Gelukkig is daar darem altyd iemand wat bly soek. Pragtig, Ans!
6 jaar 4 maande 4 weke 8 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar