Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

met moeë treë sleep hy traag vorentoe
sweet en stof
streep paadjies oor sy gelaat
hy rughand ‘n modderstreep oor sy wang

son brand fel neer oor sy liggaam
voor hom mirage’n waterpoel
hy lek oor sy droë lippe
net om stof te sluk

‘n dreuning vaart by hom verby
‘n wavrag sand sif op hom neer
moeg en dors laat glip hy sy balsak en geweer
opgewonde om homself te reinig

teleurgesteld sak hy op sy knieë neer
hortend ruk droë snikke uit sy keel
sy laaste hoop daarmee heen
so vind sy hom ten einde laaste
knielende in die stofpad.

@ ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

stofpad
Ek gaan net sterretjies uitdeel hier. tien goue sterretjies vir jou hier Ans
4 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 15 ure oud


stoflpad
onverbeterlik !!
4 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 16 ure oud


Man in die stofpad
Dees dae se stofpad laat ook nie meer baie stof tot nadenke oor nie, op die knieë gaan is al antwoord
4 jaar 10 maande 2 weke 3 dae 21 ure oud


Stofpad
Treffend.
4 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 1 uur oud


Stofpad
wow wat n pragtige gedig... puik gepen Ans
4 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 3 ure oud


stofpad
Treffende beskrywings en woordgebruik.
4 jaar 10 maande 2 weke 4 dae 5 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lelani

deur Rachelle du Bois

Lelani Botha bestuur die eksklusiewe boetiek op die dorp. Sy is beeldskoon, stylvol en kunstig. Maar sy dra swaar aan ‘n geheim waarvan niemand weet nie. Tot hul botanis buurman Leon Postma haar eendag betrap in ‘n situasie wat sy nie langer kan wegsteek nie. Hy weet nou baie meer as wat enige ander mens van haar weet en sy verkwalik hom daarvoor. Hy het geen reg om te weet nie. Sy is pragtig, vurig en wantrouig. En sy is in Leon Postma se lyf, in sy kop en sy bloed. Hy sal vir haar ʼn brug oor die water bou wat haar na hom toe sal bring. Of so hoop hy. Maar Lelani bied hewig weerstand teen haar groeiende aangetrokkenheid tot Leon. Sal sy toegee aan die man wat soos ʼn koors in haar binneste kom intrek het? Sal sy uiteindelik die brug na hom toe oorsteek?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar