Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Oop gooi tyd,
Skoonmaak tyd,
Die stof -
Spin’rakke
Aanpaksels van rou.

Swart, morbied.
Moet
lug kry ....
weer asem haal !
Genoeg nou.

Uitklop,
Skoon skrop.
Laaste trane stort.
Klaar nou.

Dis tyd
Om jou
af te stof -
Blink te vryf.

Ereplek te gee.
Terwyl die res,
van die huis,
hul gang gaan.
Daar nou

Nie vergete
Maar ..in
die verlede
op die mantelpiece -
van ons gewese lewe.

LL



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Stof
Ek sien sommer die wikkel in jou stap en die stoffies wat draai soos wat jy skoonmaak. Mooi geskryf!
12 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 3 ure oud


Mantelpiece man
Ek hou van die gejaadge ritme van die gedig. Ek kan letterlik die stof sien spat en jou hande sien wikkel soos wind.

Groete

Chenél
12 jaar 7 maande 3 dae 6 ure oud


Mantelpiece Man
Hi, dis regtig pragtig. Sterkte met al die hartseer!Erica
13 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 7 ure oud



Van ons ander lede

LIESBETH

deur Trixie

'n Tradisionele roman wat wye lewensveld in kompakte tonele aanbied. Liesbeth stoei onwetend met die emansipasie-draak en vind uiteindelik vrede by Hein.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar