Gedigte

Titel: Mara
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

die trane dam om my op
my hart is net ’n hol geklop
soos leed se kleintjies broei
en my siel deur my oë vloei

godverlatenheid versmoor my
is daar iemand wat beny
hierdie foltering van verlies
wat ek nie kon kies

God, waarom moes sy nou al gaan
‘wyl ons toekoms roosgebaan
tot in ewigheid voor ons lê
en ons net mekaar wou hê
Here, laat my tog rus vind
ek, U bitter hartseer kind



Sidney E. Cloete



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Mara
Hoop die seer is al weg!
KOEKOE
9 jaar 10 maande 5 dae 10 ure oud


Lieflike mineurklanke. Pragtig geskryf, ek hou van hoe die gedig ontwikkel tot 'n vraende smeekgebed.
10 jaar 2 weke 6 dae 16 ure oud


Beautiful...Seer...Rou....Sielswerk...uitsonderlike slot.
10 jaar 3 weke 15 ure oud


Mara
Sjoe - 'n stuk hartseer wat ons almal ken, so mooi in woorde omgesit.
10 jaar 1 maand 2 weke 3 dae 11 ure oud


Wat 'n pragtige, maar treurige gedig.
11 jaar 2 maande 1 dag 15 ure oud


Al wat ek kan sê is WOW!
12 jaar 2 maande 1 week 2 dae 7 ure oud


'n baie mooi gedig en baie goed geskryf
13 jaar 16 ure oud


Mara
Jy het meer talent as baie van ons saam. Puik!
13 jaar 2 weke 8 ure oud


Hi Sidney, my ma se naam is Mara, so jou gedig het my oog gevang. Dis baie mooi en baie treurig. Ek hoop jy het reeds vrede ontvang,
Suzette
13 jaar 1 maand 2 weke 1 dag 15 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Lucas

deur Karlien van der Merwe

Lucas word op ouderdom ses na Heidelberg toe gestuur om sy oupa te gaan help. Sy kinderliefde Greet is dood en Essie word die liefde van sy jongmanstyd. Terwyl hy op kommando is, word Essie ’n slagoffer van die Britse konsentrasiekampe. Hy word gevange geneem en Indië toe gestuur om tot die einde van die oorlog in die kamp te sit. Eers daarna en tussen die gebrokenheid deur leer ken hy die meisie Albertha en beleef hy die Vrystaatse skoonheid.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar