Gedigte

Titel: Mara
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Teleurstelling het diep wortel geskiet -
jou elke leuen en versinning
se groeipyne het versprei
soos kanker
in die wydtes van my siel -
my hart en verstand
te klein om te verstaan
wie jy werklik was

Skimmel groei soos grou mis
op jou nalatenskap -
die eens soet fonteinwater
het bitter geword
soos by Mara
en selfs by Elim
is ek nie meer honger
vir jou liefde nie

Die finale ghong het gebeier
oor dit wat eens as ware liefde
geag was



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

KOPERMAAN tot SPIKKELPELIKAAN

deur Viooltjie

Hierdie bundel bevat 80 oorspronklike gedigte wat vir enige leser toeganklik sal wees. Dit is gedigte waarmee mense kan identifiseer. Dit sal jou nie onaangeraak laat nie. Natuur, omgewing en bloot net ménswees kom baie sterk hierin na vore.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar