Gedigte

Titel: Maranatha

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

soos Adam uit die eerste tuin
is dié Seun uit Getsemane
en God’s hand gepluk
om langs die Via Dolorosa
sy eie weg van smart te stap

wyl die Judaskus nog warm
op een wangbeen brand
en ‘n haan drie maal die klank
van verloëning en verraad uitkraai
bloedreën die kleur van pyn
brand minagting in ‘n doringkroon
gésel ‘n soldaat met kats
en spotwoorde wat vermaak en hoon
om Liefde te verskeur
breek die Brood
en vryvloei Sy Wyn
oor rug en lende en Sy skoot
om in die stof onder Sy voete
kragteloos uit te loop
want Pontius Pilatus het
sy hande afgespoel
aan Een wat voete was

en later, toe mý oogbalk
die breekhout word waaraan Hy hang
en kruisheuwel en die tempel
in diep duister staan
skeur die skeidsgordyn in twee
want Hy het vir ‘n laaste keer
die ánder wang gedraai



Kommentaar

Amazing! Dis so so so mooi...
1 jaar 8 maande 2 weke 1 dag 19 ure 16 minute oud


'n Heerlike woordfees gevul met soveel waarheid.
2 jaar 1 maand 2 weke 2 dae 9 ure 12 minute oud


WOW, WOW, WOW - loving every word! Stunning geskryf.
2 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 3 ure 52 minute oud


skitterend, Erna. jou laaste reëls is treffend duidelik . . .
en later, toe mý oogbalk
die breekhout word waaraan Hy hang . . .
a.
2 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 17 ure 37 minute oud


Baie mooi, rou en diep!
2 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 18 ure 34 minute oud


Dis uitstekend geskryf. 'n Gunsteling vir my. As jy kans kry, lees my "Toe herken hulle Hom." L.T.
2 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 19 ure 9 minute oud


Wat 'n pragtige skets en tog so hartseer dat die Vader moes toekyk hoe Sy Seun aan die kruishout moes sterf, vir 'n sondige wêreld, 'n wereld wat hul rue op Hom gedraai en Hom verloën het. Baie mooi vir hierdie naweek om in oënskou te neem!
2 jaar 1 maand 3 weke 2 dae 19 ure 19 minute oud



BLIKeMMER

deur natasha dutton

"...BLIKeMMER is 'n keur van die beste gedigte van dertien opwindende digters wat skryf oor alledaagse dinge: drome en sprokies, verspeelde tyd en vrese, liefde en diepgewortelde smart, donkerdae en kindergeloof, gebede en godloosheid, omgeeflenters en somergeniet, introspeksie en nostalgie, migraine en stilte, genade en worsteling, selfs Lifebuoy en 'n huis in Vergeetstraat. 'n Bundel wat geniet en waardeer sal word deur die letterkundige, die filosoof asook die doodgewone mens op straat. Geniet dit!" (Lynette Beer: Inspirasie Spreker)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar