Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

genadelose winde verwaai branders
bewerinde, huilende vlerke
dit is waar ek woon

ons aarde en ons bloed
onvoorwaardelike liefde
my hare is kelpagtig, gewas in passie

verwyder die pyn
omhels my koninkryk
hernu my siel
my klein boot vol dapperheid en mistigheid

ewige klaaglied eggo
ewige bron van lewe
ewige bron van barmharigheid
ewige bron van voer

die see is vol heerlikheid
vol herinneringe en voer
vol oortredinge, tot in ewigheid

dra moed in die kelp
verlos my die Bose
neem my na jou my geliefde
ons see, ons bloed en siel
krag en glorie

see van lewe
see vol lewe
see vol klaglied
laat jou wil geskied

ons tuiste, my tuiste
ons sterkte, my sterkte
ons heimwee, my heimwee

ʼn ewigheid van prag en pragtigheid
ons erfgenis die see … Mare Magnificat



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Inge

deur Rachelle du Bois

Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar