Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

hartseer staar ek hom aan
op sy knieë hande biddend gevou
oor sy gesig val droë grond
trane biggel sandstrepe oor sy wange

droë landerye lê akker vir akker leeg
spilpunte staan stil sonder water
geen oes vir more wat wag
net ‘n sandstorm in die verte wat kom

hitte brand elke greintjie krag uit hom
oud en oorwerk
maar gewillig om trekker en planter
vir oulaas oor dorre lande te laat dreun

agter my lê die magtige Marico rivier
met ‘n droë bodem vol groot krake
opgekrulde slik doppe wat smeek vir water
om aan die natuur lewe te gee

voor my lê die droogste droogte
met ‘n huilende boer in sy land
wat sy Vader steeds vertrou
om sy geliefde aarde te seën met ‘n reënbui

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Marico
Shoe Ans

Hierdie gedig roer n mens se hart.

Ons vergeet soms hoe afhanklik ons van die natuur en God se genade is.

Baie mooi gepen.
4 jaar 2 maande 3 weke 5 dae 21 ure oud


Mariko Froogte
Baie mooi gepen. Die magteloosheid teen die droogte word uitstekend uitgedruk.
4 jaar 3 maande 1 week 3 dae oud


Marico
Hartroerend. Ons kan net bid en op Hom wag.
4 jaar 3 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


marico
Ans, hierdie gedig raak diep aan 'n mens. Jy het die erns en die magteloosheid goed na vore laat kom. Baie goed gedoen:-)
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 8 ure oud


Marico Droogte
So smag plant, dier en mens na daai lewensmiddel vir oorlewing.
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 9 ure oud


Marico . . .
sjoe, dis DROOG! My hart is seer vir julle . . . en ek bid ook vir reën daar.
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 11 ure oud


Marico Droogte


Uit my geboorte geweste jaag jy met hierdie werkie van jou drogbeelde van so om-en-by 1964 se droogte by my op. En ai, kan jou geweste seer kry...
Tog staan onmoontlikheid van plantherstel sommer so tussen die klippe op in geilte van groei as die Goeie Gewer sy seuns en dogters in smeking hoor hartgooi... Nooit is Sy oor te doof om te hoor nie, nog minder is Sy arm te kort om uit te help nie.!

Ons bid saam!
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 19 ure oud


Marico droogte
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die DROOGTE projek.
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 21 ure oud


droogte
Ans hartseer maar n meesterstuk. Hu
4 jaar 3 maande 1 week 5 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Beskuldig dan die Liefde

deur Rachelle du Bois

Herman Jansen is betower deur die lieflike meisie wat saans in die maanlig in sy tuin dans. Waar sou sy vandaan kom en wie is sy? Hy besluit hy wil haar hê en hy gaan haar kry. Maar wat van sy voorneme om van die liefde af weg te bly na sy pynlike ondervinding in ʼn huwelik wat vir hom byna vernietig het? Sal hierdie beeldskone vrou vir hom vervulling bring? Hoe weet mens jy het lief? Dit is die vraag wat Trixie Hofmann moet antwoord, want skielik is haar speelmaat en skoolvriend nie meer dieselfde nie. En sy verstaan nie die vreemde taal wat haar hart en haar lyf nou praat as hy naby haar kom nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar