Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

druisend kom jy aangerol
rol en bruis jy oor veld
druk elke bossie plat

geen wal kan jou keer
aangevoer deur kragte
sterker as mense magte

elke oes neem jy weg
elke boom druk jy plat
elke pad vloei toe

neem jy mens en diere lewens
verwoes jy natuur en oes
laat jy mens verstom

jaag jy mens uit huis
vol vrees en angs
slaan hul op vlug

wanneer jy tot ruste kom
worstel mens deur
jou verwoesting taak

staar elkeen na die golfies
op tabak en groente land
veroorsaak deur jou
Marico Rivier

©ANS BOTHA



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

marico
Laat my so dink aan my kinderjare op Valsrivier stasie. As die Valsrivier afgekom het vee hy alles plat
4 jaar 11 maande 6 dae oud


Marico
As die water kom, kan niks hom keer nie.
4 jaar 11 maande 6 dae 12 ure oud


Marico
Genade ... dis 'n ernstige besigheid. Die natuur verg ontsag, stem saam met Arnold.
4 jaar 11 maande 6 dae 14 ure oud


Marico
sjoe Ans jy beskryf hierdie verwoesting absoluut puik. Ek het langs die Olifantsrivier groot geword en ek onthou daardie verwoestende vloede!!
4 jaar 11 maande 6 dae 15 ure oud


Marico
Ja-nee water, wind en vuur is een van die groot verwoestings. Mooi gepen
4 jaar 11 maande 6 dae 16 ure oud


die weervoorspelling
ek is mal oor Groot Marico.
Veral die plaas River Still.
4 jaar 11 maande 6 dae 17 ure oud


Marico Rivier
Ek't 'n groot ontsag vir die natuur wanneer hy raas en dreig.
4 jaar 11 maande 6 dae 23 ure oud


Marico
Hoe verlang ek nou na my pa!

Dis 'n baie mooi gedig!
4 jaar 11 maande 1 week 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

DAG VAN DIE BLOEISEL

deur Johann P. Boshoff

"Dag van die bloeisel het my gevange geneem vanaf die eerste bladsy. Skielik was ek terug in my tienerjare – bewus van die tere vitaliteit van jeugdigheid. Die karakters kry lewe in persone wat ek iewers geken het. En wat ek wéét vandag nog rondom en tussen ons is. Dit is die soort eerlike boek wat ek enige tyd in die hand van ‘n Christen-tiener sal plaas." -- Dr. Ralph Barnard, skrywer, predikant en teoloog



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar