Gedigte

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

dis ek en jy

op die stofpad

in die reen op maandag

dis ek en jy

op die kiekies

in ons foto album

tussen reenboe en dou druppels

groei ons nader,

dis ek en jy, alleen



dis die blou in jou oë

en die dimpels

wanneer jy glimlag

dis die vat van jou hand

as dit donker word

as net die maan en sterre brand

en wanneer stiltes raas

en ons nie meer mekaar verstaan nie

bly ek en jy - een



(C)

en hierdie is 'n lovesong

net vir jou

'n muur vol foto's

van onthou

die woude van gister is verby

tussen marzipan en rooiwyn verdwyn



kan jy onthou

ons eerste soen

onder die bloekomboom

die klop van my hart

en die liefde wat hier binne my wese brand

en wanneer die gras verdor

en die voels ophou sing

die winter ons binnedring

het ek en jy geleer


weer ek en jy

op die stofpad

in die reen op maandag

dis ek en jy

op ou kiekies in ons foto album

wanneer ek kyk na ons foto boek

en aanhou na woorde soek

om vir jou te kan se

jy’s meer


as net 'n lovesong oor jou

'n muur vol foto's van onthou

ons somer vol beloftes het verskyn

jy my marzipan, en ek jou

en ek jou wyn




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Net soos wat 2 vriendinne dit kan doen!

jy my marzipan, en ek jou en ek jou wyn
10 jaar 1 maand 1 week 5 dae 16 ure oud


ek hou baie hiervan julle twee.
goeie werk.
duet nou maar weer saam asb.
10 jaar 1 maand 1 week 5 dae 19 ure oud


Ek love dit, dit is pragtig gedoen!
10 jaar 1 maand 1 week 5 dae 19 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

Skakerings van Grys

deur Swartberg

n Bundel van 54 gedigte oor n hele aantal jare geskryf. Beskikbaar in elektroniese formaat.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar