Gedigte

Titel: Maskera :

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

MASKERA :

Om te hoor, en nie te hoor nie
Om te sien, en nie te sien nie
Om te voel, en nie te voel nie
Om te ruik, en nie te ruik nie

Ek sien die woorde van hulle lippe
In die diepte van die oë wat my tas
Met ‘n spykerhand
en ‘n reuk van bloed en swael
gemeng in hulle hande hou

Dooie woorde kom uit die mond van ‘n skedel
Oorgetrek met die vuil-g-heid van die aarde
Onsmet met sout en water
en laf- agterbly
om te volg
‘n skadu van lewe en dood

Die waarheid lê ontkennend diep vasgevang
in ‘n net van geleerde woorde en tradisie
wat die vlees vermoei
in die rondswaai van die pendulum
en ‘n wyser wat vinger wys

My liggaam word uitmekaar geruk
tussen donker strate en helder ligte
tussen die verte van die son en maan
en in duisende stukke
tussen die sterre gestrooi

My eie woorde is ‘n vreemde taal
Onherkenbaar in die spieël vermink
Tussen kleure wat nie pas nie
‘n goue muntstuk op die bodem van die see

In elke siklus is daar ‘n sirkel
In ‘n sirkel is daar geen einde’ geen hoek
wat jou lei in dronkheid, in die rondte
tot krankheid jou laat braak

Elke boom het sy ringe
Elke jaar om by te tel
so ‘n plooi op elke mens
selfsugtig alles vir hom hou
Reik ‘n hand uit en jy word verslind
In ‘n aanraking word jy verag
Aan ‘n glimlag word jy verwyt
In jou arbeid staan jy alleen

In jou noodkreet word jy aangeval
Deur rowers word jy beroof
Jou vlees deur aasvoëls opgevreet
Jou gebeendere in wind en weer oorgelaat

In jou trane word jy bespot
deur die eggo van jou eie denke
die geraas van ‘n maalklip op klip
en die pyn om deur vuur gelouter te word

Sement vloere keer die loop van voetpaadjies
Hysers verberg die vrees van hoogtes
Waterfonteine loop uit krane
Buisligte verberg die helderheid van die son
en die donkerte van die nag

‘n Slaaf, het elke mens geword
deur sy eie begeerlike selfsug
homself uitverkoop aan die hoogste bieër
Sy geboortereg verloor uit onkunde

Jy kruip weg onder ‘n masker…
Wie is jy rerig…?
Kom uit en wys jouself… !
Wees jouself…Sela



Kommentaar

jammer
Jammer ek het verkeerd gekyk _ dit is 'n uitstekende gedig.
1 jaar 10 maande 1 dag 3 minute oud


spel fout
jy het ontsmet verkeerde gespel
1 jaar 10 maande 1 dag 4 minute oud


picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar