Gedigte

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

vanaand vir oulaas
die diereriem
deur my gedagtenaald
se oog ryg
om herinneringe
daardeur te string

ek het Afrika
van onder ingedring
oor haar snikheet vlaktes
na die oorsprong van riviere
wat lewe bring

ek het verval gesien hier
armoede
opportunisme
kleure en kontraste
mens en dier
maar die ritmes
klanke
en natuurskoon
bly by my

soos ek reis
onder die kantelkruis
en suid draai
na my winderhuis
weet ek:
al gaan ek waar
dis in my bloed
in dié oerplek
is ek tuis



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

afrika
Pragtig...jy skryf nie baie nie, maar wanneer jy die slag iets plaas is dit regtig oor en oor die moeite werd om te lees
6 jaar 1 maand 4 weke 8 ure oud


***
Absoluut puik!!
6 jaar 1 maand 4 weke 10 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Sonsoene

    deur Doret Johnstone-Robertson

    In hierdie versameling verse is daar telkens verwysings na die natuur: die son, die maan, die sterre, blomme, seisoene; en ook na God - die bron van inspirasie, vrede en vreugde.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar