Gedigte

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Grieke het dit mis gehad,
Gorgons was nie lelik nie.
Medusa het nie mans met afsku klip gemaak,
haar kyk was sag,
haar hare was nie slange nie,
haar oë was nie lelik nie...

Moenie vir my kyk nie,
moenie na my loer nie,
moenie vir my glimlag nie,
want dan kan ek nie roer nie...

Jou kyk verstar my blik,
jou oë vang my vas.
Jou hare raam die prentjie,
jou beeld versteen my lyf.

As Perseus na Madusa sou kon kyk,
sonder spieël en sonder dat sy blik sou wyk,
sou hy verstar in klip en ewig so bly staan.
Maar ek weet nou dis nie omdat sy lelik was,
maar juis omdat hy haar nie kon weerstaan.

Ek kyk net eenkeer in jou foto vas
en skielik is my hele lyf verras.
Jou glimlag is my dood,
jou oë't my gevang!
Een kyk en die bloed verlaat my denke.
My hart verstar,
my lyf het pas tot klip verhard!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

die weervoorspelling
hoe seker is jy dis (net)jou lyf wat tot klip verhard het...
?

Interesante angle....
EK glo jy het n "awh" vir die een gekry.
en meer gescore as browny points.
4 jaar 11 maande 4 dae 20 ure oud


Hmmmm, goed beskryf.
4 jaar 11 maande 4 dae 21 ure oud


Medusa
Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die Spieëlbeeld / Refleksie projek
4 jaar 11 maande 6 dae 19 ure oud


medusa
Baie goeie bydrae, Wv. Ek het die gedig baie geniet :-) sommer 'n paar keer gelees
4 jaar 11 maande 1 week 12 ure oud


medusa
staande applous!!!
4 jaar 11 maande 1 week 16 ure oud


Ano
Medusa
Applous, applous!
4 jaar 11 maande 1 week 17 ure oud


Medusa's smile
Magtag Broer
Jy gaan haal dit mos nou diep uit!
Hoe roep jy jouself?

Woordverwerker
Jy dra nie jou naam nie
Jou naam dra vir jou !

Mooi Man!
4 jaar 11 maande 1 week 20 ure oud



Gister se Onthou

deur borrels

ek pluk 'n klompie letters van 'n laning woord-bome af dan bou ek 'n vers daarmee die trand daarvan soms bietjie laf maar die woorde van die verse kom diep hier uit my hart dit skets die liefde van die lewe soms met pienk en soms met swart



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar