Gedigte

Titel: melankolie
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

ek skenk geboorte
aan ‘n more se blou
wat diskant desember
my laat wonder oor jou

ek hang aan die lippe
van gister se bleek
wange gebol
en met trane deurweek

so ek drink whiskey en water
op die golf van onthou
gedenk al die saamwees
deurdrenk met berou
want ek deel nie jou droom nie
net die kant van jou bed
en gee my oor aan die melankolie

jy staan daar buite
verveeld en alleen
en belowe om nooit weer
jou lewe te deel

yster slyp yster
maar jy’s rou metaal
wat deur gewoontes van pyn
die blink uit my more kom haal

dan drink ons whiskey en water
op die golf van onthou
gedenk elke saamwees
deurdrenk vol berou
want ons deel nie ons drome
net die kant van 'n bed
en gee ons oor aan die melankolie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

-
Hou hiervan!, veral die derde en sesde strofes. Soms pas mense net nie bymekaar nie.
8 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 9 ure oud


Melankolie
Kan werk as 'n lekker sad song. Saam met 'n kitaar met baie bas.
8 jaar 6 maande 2 weke 5 dae 12 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


Geborg deur :

Van ons ander lede

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar