Gedigte

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



ek sal in ’n
omgekeerde graf vol
bloeisels en ’n kolk van
versamelde dissosiasies vlug na
die atonale pigment van
’n wese wat sylangs
deur katakombes delf

al kruipende skreeu met
spoeg wat van my ken
af drup - bloeisels van ’n
vergete lente wat soos hul
gebeentes langs die treinspoor in
die kreupel versamelaar se
stowwerige rugsak beland

behoed die kind wat
soekend deur driwwe van
dorre denke op gedagtes
van minagtende keisers kots
- selfs as die maan onderlangs
met die benerige vingers van
uitgebrande gedagtes flirteer

soek dan die hoogs geheime
grafskrif wat in ’n tonnel
teen die vloek van
daglig skuil

daar is te veel
vloeke in my vlees gekerf om
dit aan die oordrewe gloed
van sonskyn voor te lees




© T. Fourie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

memento mori
ek stem, daai slot is epic, nog nooit in my lewe is so iets in Afrikaans gedoen nie, ek dink jy is die enigste een. Uitstekend
4 jaar 8 maande 4 dae 2 ure oud


Memento
wat n wanhoops slot!!! Absoluut puik gepen aan hierdie seer...
4 jaar 8 maande 3 weke 8 ure oud


memento
Goeie woordgebruik.
4 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 1 uur oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Voedsel vir die Siel

    deur Snuffelgids

    Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar