Titel: Merkwaardig
Weergawe: 1
Aantal woorde: 101
Kere gelees: 14
Datum gepubliseer: 06 Feb 2012
tenger op jou rooi CBR, eensaam in jou swart kopdop
begelei jy jou geliefde op sy laaste aardse tog
statig, uitmergelend stadig, die reis deur warm strate
wyl jou gees rou
verby dié plek hou jy moedig vol,
ry jy vasberade veilig
wyl jou siel vlug
staan jy erewag, net ons drie
jaag jy saam die toer op
wyl jou oë water word
sing jy later hande na Bo
“Hoe groot is ons God”
skryf jy wys “leef sodat jy weet waarheen jy oppad is”
maan jy steeds dat hulle bikers moet verstaan
wyl jou hart flenters spat
Merkwaardig
Jonk
Vrou
Lees ander gedigte deur Linnie
E-pos my as kommentaar gelewer word
Rapporteer foute/ongewenste inligting rakende die gedig
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie gedig

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur


deur Gawelina
Massimo, die perdjie beleef groot avonture asook hartseer in sy grootwordproses.